Welkom by die Afrikaanse Protestantse Kerk
Die Afrikaanse Protestantse kerkverband bestaan uit gereformeerde kerke (gemeentes) van Christus wat die Drie-enige God waarlik wil ken en dien.
Wat glo die AP Kerk?
Die Bybel is die onfeilbare Woord van God. In sy Woord openbaar God Homself as Vader, Seun en Heilige Gees. Wat ons glo is in ons belydenisskrifte saamgevat. Die belydenisskrifte het geen gesag vanuit hulself nie, maar ontvang hul gesag vanuit die Woord van God, juis omdat hulle met die Woord van God ooreenstem. Ons drie besondere belydenisskrifte is;
- Die Nederlandse Geloofsbelydenis.
- Die Heidelbergse Kategismus.
- Die Dordtse Leerreëls.
Lees meer oor wie ons is deur hier te klik.
Daar is 'n Afrikaanse Protestantse Kerk in bykans elke dorp van Suid Afrika. Daar is ook gemeentes in Namibië. Vir besonderhede aangaande gemeentes of om te soek na 'n gemeente naby u kan u hierdie skakel klik.
Die jongste kerknuus is hier beskikbaar. Besoek hierdie afdeling van ons webwerf vir al die jongste nuus.