Teken Aan

Boekwinkel

Please update your Flash Player to view content.

Christus het opgestaan!

Dit is met hierdie woorde; "Christus het opgestaan!" wat ons u groet. Dit is nie net ons groet woorde aan u nie, maar dit sê ook wat ons en miljoene ander Christene deur die eeue heen glo - dat Jesus Christus waarlik opgestaan het!

U mag dalk vra waarom Jesus Christus se opstanding so belangrik is?  Die antwoord is dat Jesus Christus se opstaan uit die dood die basis is van ons en enige ander Christen se nuwe lewe. As Jesus nie opgestaan het nie, dan is daar geen opstanding, geen nuwe lewe nie - dan is dit wat ons beleef, ervaar, hoor, proe, voel en sien ... dit.

Wie sou dit beter weet as Jesus se dissipels? Jesus se tydjie in die uitgekapte graf was ook vir sy dissipels 'n tydjie in 'n graf van hopeloosheid.

Toe die goeie nuus bekend raak dat Jesus opgestaan het en toe Hy ook letterlik aan hulle en aan baie ander verskyn het, toe weet hulle dat Jesus Christus, self God, sy beloftes hou.

Die Afrikaanse Protestantse kerkverband bring hierdie Boodskap al vir 25 jaar: Jesus het opgestaan! U word genooi om hierdie Blydskap saam met ons te deel en uit te leef.

Die APKerk spog nou met sy eie ateljee!

Die SKK het onlangs goedkeuring gegee vir die inrig van 'n klank- en videokamer. Hierdie ateljee is op die terrein en in 'n reeds bestaande gebou van die Afrikaanse Protestantse Akademie ingerig. Die ateljee is oor 'n tydperk van twee maande gebou.

Die toerusting wat op die oomblik gebruik word is van tydelike aard en word daar DV eersdaags belê in goeie kwaliteit video- en klanktoerusting.

Die doel van die ateljee is om preke, kursusse, evangelisasie toerusting, verbondsonderrig en kerkinligting op te neem en dan te versprei. Alles tot eer en verheerliking van God.